HEIDELBERG NUUS - Die 68-jarige Johanna Rossouw van Heidelberg het Dinsdagaand, 18 April, tragies gesterf toe haar houthuis deur 'n brand verswelg is.
Juliana, soos sy alom bekend was, se lewe is kortgeknip toe haar huis in Hoogstraat, kort nadat die krag om 22:00 gisteraand aangegaan het, in vlamme uitgebars het.
Sy was alleen in haar huis.
Nooddienste, waaronder die plaaslike brandweer, en inwoners het hul bes probeer om die vlamme te blus, maar hulle kon nie veel uitrig nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’