Update
RIVERSDAL NUUS - Die 74-jarige vrou van Riversdal wat Sondagoggend deur ‘n 19-jarige man verkrag is, is steeds in die hospitaal.
Die slagoffer is om ongeveer 09:40 by haar woning in Wilsonstraat deur die verdagte aangeval.
Intussen het dit bekend geword dat die verdagte op aanklagte van poging tot moord, verkragting en huisroof aangekla word.
Die verdagte is steeds in aanhouding en sal na verwagting op Woensdag, 25 Januarie in die Riversdal-landdroshof verskyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Tuinroete nuus'