Update
RIVERSDAL NUUS - Die bejaarde pa wat daarvan aangekla word omdat hy na bewering sy dogter in Augustus 2021 seksueel sou aangerand het, het op Vrydag 6 Oktober weer vlugtig in die streekhof in Riversdal verskyn.
Die saak teen die 77-jarige beskuldigde spruit glo uit verskeie aanklagtes, waaronder seksuele aanranding, minagting van die hof nadat hy 'n beskermingsbevel teen hom verbreek het, en ook van aanranding met die opset om ernstig te beseer nadat hy glo sy 44-jarige dogter met kookwater sou verbrand het.
Laasgenoemde klagtes het gedurende Augustus 2021 gebeur.
Die beskuldigde is met streng voorwaardes op borgtog vrygelaat.
Die saak is tot Vrydag 8 Februarie 2024 uitgestel.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’