HESSEQUA NUUS - Skoolbeginners, wat ses maande gelede so bang-bang skool toe gestap het, het nou baie nuwe vaardighede bygeleer.
Hulle spog dat hulle klanke en letters kan herken. Daarby kan hulle sing en het goeie motoriesvaardighede ontwikkel. Trotse ouers is ingerig om vir 'n stimulerende huislike atmosfeer te sorg om kinders verder te ondersteun. Die kind wat die eerste semester suksesvol afgelê het, keer terug met vertroue en ywer.
Die ouer van so 'n kind weet watter take en toetse hierdie semester afgelê gaan word en tref voorsorg. Dit geld vir alle ouers oor alle grade.
Terug skool toe kan ook traumaties wees vir die onderpresteerder. 'n Openhartige onderwyser-ouergesprek sal wondere doen om die leemtes waarvan die ouer onbewus mag wees, uit te bring. Hoe meer die ouer te wete kom oor hul kind in die klas, hoe beter sal dit wees om die kind te help.
Mense praat deesdae van 'n vierde revolusie (omwenteling), waarvan terme soos Robotics, 3D-tegnologie, Virtual Reality, Nano-tegnologie, Quantum-computing, bio-tegnologie en selfaangedrewe motors algemeen gebruik word. Kinders moet kan saampraat.
Kinders moet ten minste die basiese vaardighede van rekenaars onder die knie hê om al die wondere wat die digitale wêreld bied, te ontdek.
Met 'n verbetering in akademiese geletterdheid word verwag dat ontsyfering van moeilike leeswerk soveel makliker sal wees. Terug skool toe word nou 'n oproep tot verbetering op vorige prestasies - alles onder die waaksame oë van onderwyser en ouer.
Mense sal sê, 'Dis nie die werklikheid nie. Dinge in die regte wêreld werk heel anders!' Ander sal weer sê, 'Jy het te lank Virtual Reality-goed gekyk. Jou kop is aangetas!'
Ek wil eintlik maar net sê: Kom ons as onderwysers en ouers benader terug skool toe vir die tweede helfte van die jaar anders en meer positief. Gee kwaliteit aandag by die huis en die skool. Maak seker die kind ken die rekenaar en weet hoe om inligting te kry, en hoe om vir ander denkwyses oor dinge wat geleer word te soek.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'