HESSEQUA NUUS - Ses Covid-19-bewusmakingsbaniere sal in Hessequa se dorpe aangebring word.
Die munisipaliteit het op 9 Maart die baniere in ontvangs geneem en dit sal eersdaags in Riversdal, Albertinia, Gouritsmond, Stilbaai, Witsand en Heidelberg pryk.
Volgens die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles, is dit belangrik dat inwoners en besoekers aan die streek steeds verantwoordelik optree om 'n derde golf van infeksies te voorkom.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'