HEIDELBERG NUUSFLITS - Die hoogaangeskrewe Barbarians-rugbyklub (BaaBaas) van Mosselbaai is Saterdag 24 Maart hard teruggebring na die aarde, toe Heidelberg hulle oortuigend met 27-10 verslaan in hul tweede tuiswedstryd in die SWDRU Premierliga.
Heibi het rustyd met 17-7 voorgeloop. Met dié vertoning het die tuisspan weereens ’n duidelike boodskap na aan die ander spanne gerig dat hulle baie ernstig is om hul status as premierligaklub te beskerm.
Dit is die tuisspan se terugkeer na dié liga na 10 jaar.
Heidelberg kan egter net hulself blameer dat hulle nie ’n waardevolle bonuspunt opgeraap het nie, as gevolg van oorgretigheid en verkeerde keuses op kritieke tye.
Heidelberg speel Saterdag 31 Maart in ’n tuis vriendskaplike wedstryd teen Scottsdene-rugbyklub van Kraaifontein en sal hulle dit wil gebruik om hul goed voor te berei vir hul volgende ligawedstryd tuis teen Crusaders van George op Saterdag 14 April.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'