STILBAAI NUUS - Die Hessequa Argeologiese Vereniging (HVA) se lede en belangstellendes is Vrydag 9 Maart deur wêreldbekende argeoloë, drs. Curtis Marean en Noamie Cleghorn in Die Waenhuis by Jagersbosch toegespreek oor die onlangse ontdekkings in die Suid-Kaap.
Die twee wetenskaplikes werk saam aan die Suid-Kaapse projekte by Pinnacle Point en die Knysna-koppe en maak ook gebruik van dieselfde navorsingstegnieke.
Cleghorn se opgrawings en navorsing by die Knysna-koppe dui daarop dat die grotte dig bewoon was en tot heelwat later (25 000 jaar) as die by Pinnacle Point.
Die gereedskap wat hulle hier gevind het, verskil ook van die tegnologie wat gebruik was by Pinnacle point.
Die Knysna-vondste dek ook 'n periode in die Suid-Afrikaanse voorgeskiedenis waarvoor daar voorheen geen bewys was nie.
Marean het ook vertel van bewyse van die Toba-vulkaan by Indonesië wat hulle in Suid-Afrika gevind het en die gevolge wat dié inligting op die argeologie in die Suid-Kaap het.
Van links: Drs. Naomi Cleghorn en Curtis Marean by die HVA-voorsitter, Izak Venter en ondervoorsitter, dr. Jan de Vynck.
ARTIKEL & FOTO: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'