SLANGRIVIER NUUS - Die dorp se oudste inwoner, Siena Fredericks, alombekend as Ant Ties het op 1 September haar 108ste geboortedag herdenk.
Ant Ties het dié besonderse mylpaal stil-stil saam met haar dogter, Fransiena en haar man, Saul Pieters, gevier.
Ant Ties geniet steeds redelike goeie gesondheid en spog nog dat sy nie op enige medikasie is nie. Sy is egter van 'n rolstoel afhanklik omdat haar bene die afgelope paar jare nie meer so sterk is nie.
Wat egter nog kommerwekkend is, is dat Ant Ties nog steeds op dié rype ouderdom in 'n sinkhok saam met Pieters (67) en haar gesin moet bly.
Fransiena sê haar ma is nog redelik gesond en weet hulle nie wanneer laas sy by die kliniek of hospitaal was vir 'n ondersoek nie. Al gesondheidsprobleem wat sy het, is dat sy redelik doof is.
Ant Ties se man Piet het haar 23 jaar gelede ontval. Hulle het drie dogters en een seun gehad. Haar seun en een dogter is ook reeds oorlede. Daar is ook 10 kleinkinders, 18 agterkleinkinders en agt agteragterkleinkinders.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’