SLANGRIVIER NUUS - Slangrivier se oudste inwoner, Siena, oftewel ant Ties Fredericks het Dinsdag, 1 September haar 105de geboortedag herdenk.
Sy het dié besonderse dag op haar geboortedorp stil-stil met haar dogter, Fransiena Pieters by wie sy woon, gevier.
Ant Ties is nog in redelik goeie gesondheid en spog dat sy nie op enige medikasie is nie. Sy is egter van ’n rolstoel afhanklik omdat haar bene nie meer so sterk is nie.
Volgens Pieters weet hulle nie wanneer laas haar ma by die kliniek of hospitaal vir ’n ondersoek was nie. Sy is egter ’n bietjie doof. Haar man, Piet, het haar 20 jaar gelede ontval. Hulle het drie dogters en een seun gehad. Laasgenoemde het haar ook al ontval. Daar is ook 10 kleinkinders, 18 agterkleinkinders en vyf agteragterkleinkinders.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'