HEIDELBERG NUUS - Katriena Marais, meer as ant Kate bekend het Donderdag, 8 Julie haar 80ste verjaarsdag saam met ’n paar familielede en vriende gevier.
Haar eggenoot, Abraham het haar in 1976 ontval. Sy het agt kinders gehad, waarvan vier seuns nog lewe. Sy het ook 12 kleinkinders en een agterkleinkind.
Ant Kate, wat ’n vurige ondersteuner van die destydse Young Stars-rugbyklub was, geniet nog redelik goeie gesondheid met net haar bene wat bietjie swak is.
Sy was veral vir haar kwinkslae bekend en die vonkel in haar oë bevestig dat sy steeds baie gevat is as dit by haar sêgoed kom.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'