STILBAAI NUUS - Hoewel inwoners dit eens is dat die dorp 'n ambulansdiens nodig het, kan bouwerk nie sonder genoeg geld begin word nie.
Die perseel langs Carewell-privaathospitaal sal in 'n basis vir die diens en woonkwartiere vir die personeel omskep word. Volgens Marina Stadler van die Stilbaai Lions-klub wat met fondsinsameling vir die projek begin het is daar al heelwat bydraes ontvang, maar dis nie genoeg om die eerste sooi te spit nie.
Enigiemand wat 'n bydrae wil maak in die vorm van 'n EFT-betaling kan die FNB rekening met die naam Ambulansdiens Projek en rekeningnommer 62820938449 gebruik. Jou naam sal dien as verwysing.
Kontant sowel as EFT-betalings kan in die Stilbaai Lions Projekte-rekening by Nedbank betaal word. Die nommer daarvan is 1847 003397 en jou naam en die woord ambulans sal voldoende verwysing wees.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'