ALBERTINIA NUUS - 'n Oudinwoner van dié dorp, Gerswin Cupido is as ambassadeur vir Afrikaans.com verkies.
Cupido sal saam met ander inspirerende leiers in Suid-Afrika 'n wesenlike bydrae tot Afrikaans en die Afrikaanse leefwêreld maak en wat reuse baanbrekers is, waaronder Sandra Prinsloo, Marlene le Roux van Artscape, Heinrich Wyngaard, Ivor Price, Pedro Kruger, Anzel Kulzen, Schalk Bezuidenhout en Tracey Lange.
"Ons ambassadeurs is mense met 'n hart vir Afrikaans. Ons werk vir Afrikaans, neem eienaarskap op grondvlak en inspireer ander," sê Cupido. Hulle suksesstories het een ding in gemeen: Afrikaans is die held.
"Hier gee ons erkenning aan mense wat hul passie vir Afrikaans lééf!"
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'