RIVERSDAL NUUS - "Deur ons werkers te beskerm, probeer ons help verseker dat ons klante ook ook veilig teen Covid-19 is."
So sê André van Wyk, eienaar van Riversdal SuperSpar.
Dié supermark was die eerste in die dorp wat uit die staanspoor streng maatreëls in plek gestel het om die verspreiding van die koronavirus te voorkom deur alle klante se hande by die deur te ontsmet.
"Ons besef ons en ons werkers word blootgestel terwyl ons hierdie noodsaaklike diens moet lewer," het hy toe gesê.
Die veiligheidsmaatreëls is uitgebrei en sluit 'n streng roetine in. "Alles moontlik word gedoen om ons te beskerm," sê die personeel.
Hulle word soggens voor die winkel om 08:00 open aan die reëls herinner.
- Almal dra maskers wat hy laat maak het;
- Almal is met handreiniger met 70% alkohol toegerus waarmee hulle na elke transaksie hul hande reinig;
- Elke 10 minute word die kasregisters ontsmet;
- Elke halfuur word oppervlakke by dienspunte ontsmet;
- Elke persoon wat die teekamer of badkamer betree of verlaat se hande word gereinig;
- Elke inkopietrollie se stootraam word met ontsmettingsmiddel afgevee voor 'n klant dit neem.
- Plakkers is op die vloer geplak wat klante by die betaalpunt help om die nodige afstand te handhaaf.
- Buite die winkel moet klante in 'n enkelry met 1,5 m tussen hulle staan.
- Slegs 50 persone word op 'n keer binne die winkel toegelaat.
- Alle klante wat by die winkel wil ingaan se hande word gereinig. "Die wat weier, word weggewys," sê Van Wyk.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'