Update
ALBERTINIA NUUS - Op Saterdag 16 Julie het Albertinianers die strate vir Mandela-dag vieringe ingevaar. Hierdie was 'n groot geleentheid om die gemeenskap weer betrokke te kry.
Gershwin Cupido was die geleentheidspreker en het 'n boodskap van hoop en aanmoediging gelewer en gesê dat jou verlede nie jou toekoms bepaal nie.
Die Albertinia-trompoppies het die inwoners met hul danspassies vermaak. Die doel daarvan was om die meisies lewenservaring te leer en hulle te vorm, nie net as jong dames nie, maar ook om hul vir die toekoms voor te berei.
'n Inwoner, Dalene Edwards sê sy glo daarin dat kinders die leiers van die land sal word. "Die kinders leer dissipline en so ook om in ‘n span saam te werk.
"Hul konsentrasie is ook beter op skool en hul selfvertroue verskerp.
"Met die Albertinia-trompoppies wil ons graag aan elke jongmens en die gemeenskap wys dat op Madiba-dag, wanneer almal saamwerk, enigiets moontlik is."
Paulus Erasmus, wat bekend is as die man wat deur die land stap met 'n kruis byderhand, is die dryfkrag vir die herlewing in Suid Afrika. Hier hurk hy tydens die vieringe van Mandela-dag by Albertinia se trompoppies. Foto: Mariska Visagie
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'