ALBERTINIA NUUS - Monique Rockman, ’n plaaslike aktrise wat ’n leerder van Hoërskool Albertinia was, sal binnerkort in die film Nommer 37 te sien wees.
Hoewel Monique al lank toneelspeel, is hierdie haar eerste rolprent. Sy vertolk die rol van Pam, die meisie van Randal Hendricks, ’n verbitterde eks-krimineel wat deur Irshaad Ally gespeel word.
Dié film se premier was Maandag 21 Mei en word amptelik Vrydag 1 Junie in Suid-Afrika vrygestel.
Nommer 37 is deur Gambit Films vervaardig en is gedurende die week van 9 tot 16 Maart vanjaar op die grootskerm by die SXSW-rolprentfees in Texas bekendgestel.
Dit is een van slegs 44 films, deur debuutfilmmakers uit 8 160 inskrywings van regoor die wêreld wat hiervoor gekies is. Dit is reeds in 2016 bekroon met ’n SAFTA-toekenning vir beste kort film.
Monique in een van die tonele uit die film.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'