HEIDELBERG NUUS - Die jaarlikse 16 dae van aktivisme van geweld teen vroue en kinders is Vrydag, 11 Desember deur Heidelberg-polisie afgesluit.
Die lede, onder leiding van ao Alroy Windvogel en sers Imorgene Hendricks, in samewerking met kapelaan Bhana het die veldtog oor die hele dorpstreek versprei.
Volgens Hendricks was die jaar se veldtog soveel anders as vorige jare, maar kon hulle daarin slaag om bewusmaking veral onder die jonger geslag se aandag te bring.
Bhana het die kinders met die volgende probeer motiveer. "Jy hoef nie die dinge te aanvaar waarmee jy nie gemaklik mee is nie, maar as jy gister gestruikel of geval het, staan vandag op."
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'