STILBAAI NUUS - Anwyn's Acro Dance Academy se akrobatiese dansers het weereens topprestasies by die Allegretto interprovinsiale eisteddfod behaal wat op 27 Mei in die Stilbaai-gemeenskapsaal gehou is.
Die meerderheid van die dansers is deur na die galabyeenkoms wat op 15 Oktober weer in die gemeenskapsaal plaasvind.
Die topuitslae was as volg:
- Chanté Gray (A+++ goud 95% akrobaties)
- Kiara Gray (A+ 88% akrobaties)
- Hilge Bosch en Danelle Roberts (A++ goud 92% moderne jazz)
- Hilge Bosch (A+++ goud 98% liries)
- Tegan Brits (A++ goud 94% akrobaties)
- Anke Gildenhuys en Henrico Muller (A+++ goud 96% liries)
- Anke Gildenhuys (A++ goud 94% akrobaties)
- Karli von Hagen (A+ 88% akrobaties)
- Ruchelle Ertasmus (A+++ goud 98% akrobaties)
- Tiffany Cordier (A+++ goud 96% hip-hop)
- Henrico Muller (A+++ goud 96% liries, A++ 92% hip-hop)
- Marli Matthee (A+++ goud 95% akrobaties)
- Klara Van Wyk (A++ goud 90% akrobaties)
- Amelie Lotterie (A+ 88% akrobaties)
- Annica Weyers (A+++ goud 96% moderne jazz)
- Corina Brits (A++ goud 90% akrobaties)
- Danelle Roberts (A+ goud 84% moderne jazz)
Intussen rus die dansers nie op hulle louere nie en is hulle reeds hard aan die voorberei vir 'n eisteddfod in Augustus en dan ook die nasionale kompetisie wat van 2 tot 7 Oktober in die Riversdal-burgersentrum gaan plaasvind.
Anwyn Winterbach, eienaar van Anwyn's Acro Dance Academy, reël hierdie kompetisie en sê dit gaan groot wees.
Al die provinsies stuur spanne en hulle gaan Riversdal aan die brand dans.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’