Video
STILBAAI NUUS EN VIDEO - Die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) in die Wes-Kaap het Vrydag 7 Junie ’n spesiale inligtingsessie vir sakekamers in die Tuinroete en Klein-Karoo op Stilbaai aangebied.
Dr. Willie Cilliers, voorsitter van die AHI, het vir lede van die sakekamers verduidelik hoekom dit belangrik is om meer inklusief te wees.
“Die AHI moet ’n famlie word - ons is een gemeenskap en besighede moet mekaar ondersteun,” het hy gesê.
Japie Gouws, voorheen verbonde aan die ATKV en nou voorsitter van die Afrikaanse Taalraad, en Cornie Swart, president van Agri Wes-Kaap was die gassprekers.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons brin gjou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'