STILBAAI NUUS - Na 42 jaar voltydse diens in die bediening tree past. Jan en Elsa Kleynhans van die AGS Stilbaai af.
Die Kleynhans-egpaar was die afgelope 15 jaar die herderspaar hier.
Buiten die kerkgebou op die dorp, het hy ook kerke in Rondebosh-Oos, Nelspruit en Potchefstroom gebou. Hulle woon reeds die afgelope 11 jaar in hulle aftreehuis.
Kleynhans is tans die voorsitter van die plaaslike GPF en hy beplan om homself besig te hou met houtwerk, tuinmaak en musiek.
Hulle gaan steeds in die gemeenskap betrokke wees. Sy afskeidspreek is Sondag 4 Maart om 09:30.
Die gemeente verwelkom die nuwe herdesrpaar, past. Kobus en Annelene van Zyl.
Hulle was die afgelope 20 jaar die herderspaar op Oudtshoorn.
Hulle is lief vir kamp en hou al vir jare op Stilbaai vakansie.
Past. Kobus en Annelene van Zyl.
Van Zyl is vise-voorsitter van die SWD-streek.
Hy word op 11 Maart bevestig en lewer sy intreepreek om 09:30.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'