HESSEQUA NUUS - AfriForum doen hul deel om hande skoon te hou.
Dié burgerregte organisasie het tussen 14 en 23 April 3 000 botteltjies handreiniger aan verskeie instansies in die Wes-Kaap geskenk. Riversdal en Stilbaai was ook onder die ontvangers.
“Handontsmetting is die belangrikste voorsorgmaatreël wat elke persoon kan tref om homself, sy gesin en die algemene publiek teen die opdoen en verspreiding van Covid-19 te beskerm en daarom is hierdie projek van stapel gestuur,” sê Thomas van Dalen, AfriForum se veiligheidshoof vir die suidstreek.
Hulle het op instansies soos die metropolisie, brandweerstasies, ouetehuise, kinderhuise, teenbende-eenhede, munisipale wetstoepassingsowerhede, rampbestuureenhede en tehuise vir persone met beperkte vermoëns gekonsentreer:
“Dis plekke waar mense weens die aard van hul werk ekstra blootgestel is en moontlik ook ander aan die virus kan blootstel,” sê Van Dalen.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'