HESSEQUA NUUS - Die AfriForum-buurtwagte in die Suid-Kaap het op 8 April 'n massapatrollie op Riversdal, Albertinia en Swellendam uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep.
Die patrollie het omstreeks 18:00 begin en tot 06:00 die volgende oggend voortgeduur.
Dit is in samewerking met die plaaslike polisie, die gemeenskapspolisieforum (GPF), gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies gedoen.
Soortelyke partollies is ook in seker dorpe in die Oos-Kaap uitgevoer.
Altesame 610 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en 'n totaal van 6 651km is in 312 voertuie afgelê. Vyf mense is tydens hierdie patrollies in hegtenis geneem vir voorvalle soos die besit van dwelms en onwettige wapens en ammunisie.
Die buurtwag het ook hulp verleen by voorvalle van rusverstoring, kabeldiefstal en brandstigting.
"Die Suid- en Oos-Kaap-buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies hou om misdaad in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies hok te slaan en veiligheid te bevorder," sê David Olivier, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid- en Oos-Kaap.
"Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke. Jy kan help om jóú omgewing te beveilig: SMS "Buurtwag" na 45350 (R1)."
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'