Die skoolhoofde van Miernes speelskool en Ienkel Dienkel pre-primêre skool het vorderingsverslae gelewer en die voorsitter, me. C. Malherbe lewer 'n jaarverslag oor werksaamhede van die ACVV en na afloop van die verrigtinge het almal sop en broodjies gekry om die innerlike te versterk.
Kinderbeskermingsprogramme was onderskeidelik op 12 Junie by Landquedoc skool en 18 Junie by Molenrivier deur Aletta Sutherland aangebied.
Tydens hierdie program word gesing en 'n kort video gewys, wat van goeie en slegte vrugte vertel ter uitbeelding van kinders se goeie en slegte maniere. Almal word na die tyd met 'n pakkie skyfies bederf.
Aletta Sutherland (heel regs) saam met Landquedoc se leerders.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal | Tuinroete nuus'