SUID-KAAP NUUS - Die verskriklike brande die afgelope tyd in die Suid-Kaap is volgens baie mense en selfs kenners as gevolg van klimaatsverandering, maar...
Verwoestende brande het reeds so vroeg as 1869 in die Suid- en Wes-Kaap ontstaan. Bykans elke keer het dit na 'n groot droogte in die streek ontstaan.
Uitsonderlike hitte het vroeg in Februarie 1869 gevolg. 'n Warm bergwind, of die 'warm orkaan' soos wat mense dit beskryf het, het deur 'n gebied van Riversdal na Uitenhage gewaai en selfs tot by Port Elizabeth. Brande het oor 'n afstand van meer as 450 kilometer uitgebreek en 'het dit gelyk of die wêreld in vlamme verswelg is'.
Baie inwoners het in damme en riviere weggekruip terwyl hulle hul koppe met nat komberse bedek het.
Dele van Gouritsmond, Mosselbaai en selfs Klein-Brakrivier is verwoes. Die brand is oor die berge tot by see deur die bergwind gedryf.
Vanaf Tsitsikamma en Humansdorp is bykans 41 mense dood.
Duisende vee en pluimvee het ook doodgebrand.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'