Hulle het die Saterdagoggend om 'n koppie tee, koffie en heerlike versnaperings die drade van die verlede probeer optel.
Die groep is met 'n toer deur die skool vyf dekades teruggeneem.
Die aand is die kuier in die Ondersteunersklub voortgesit met gesellige samesyn, 'n heerlike ete en later is gedans.
Elkeen het 'n beurt gekry om te vertel waar die lewe hul die afgelope vyftig jaar heen geneem het.
Sondagoggend het hul as groep saam kerk toe gegaan en daarna is die naweek by 'n bekende plaaslike restaurant afgesluit.
Volgens dié klas was dit opwindend om die meeste van hul skoolmaats na so 'n lank tyd weer te sien.
Die skoolhoof, Piet de Villiers, sit voor in die middel by die groep.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'