RIVERSDAL NUUS - Die vierde verdagte in die die plaasroof op Danie en Angelika Crafford het Maandag 24 Julie vir uitspraak op sy borgaansoek in die landdroshof verskyn.
Unathi Mabi (28) se borgaansoek is toegestaan. Die egpaar is Saterdag 11 Maart op hul plaas, Kooigoed net buite Riversdal deur sewe gewapende mans oorval en beroof. Beide, asook hul plaaswerker is deur die rowers vasgebind.
Met hul soektog na geld, handwapens en skootrekenaars is verwoesting deur die huis gesaai. Die verdagtes het met die egpaar se bakkie, selfone en skootrekenaars op vlug geslaan.
Die bakkie is later op die grondpad, ongeveer 2km van hul plaas verlate gevind. Crafford het daarin geslaag om homself te bevry en om hulp te gaan soek.
Met hul verskyning op 3 April het die saak 'n wending geneem deurdat die aanklagte teen Siyabonga Sonqwaba (30), Anda Sizwana (32) en Siyabulela Belekana (34) deur die staat teruggetrek is. Mabi sal Maandag 28 Augustus weer verskyn.
Klik hier vir vorige artikels:
- Saak van plaasroof sloer onnodig
- Saak van plaasroof sloer onnodig
- Riversdal-plaasaanval: Saak wéér uitgestel
- Riversdal-plaasaanval: Wending in saak
- Verdagtes in plaasroof bly in aanhouding
- Riversdal-plaasaanval: 4 Vasgetrek
- 6 Mans oorval en beseer egpaar
- Opvolg: Plaasaanval naby Riversdal
ARTIKEL: ELIZE BLOM, SUID-KAAP FORUM JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'