HESSEQUA NUUSFLITS - Twee nuwe lede van die Hessequa-munisipale ouditkomitee is op 28 Maart tydens ’n raadsvergadering aangestel.
Prof Max Döckel en Annelene Hartnick sluit aan by die huidige lede wat Kosie Herbst, Hugo Zietsman en Sandra van Jaarsveld is.
Nadat ’n vakature ontstaan het as gevolg van ’n bedanking uit die komitee is Hartnick vanaf 1 Mei aangestel .
Prof Döckel is aangestel vanaf 1 September omrede die tweede termyn van Prof Flip du Plessis verval het.
Volgens die munisipaliteit word ouditkomiteelede vir ’n aanvanklike termyn van drie jaar aangestel waarna ’n lid weer her-aangestel kan word vir ’n addisionele termyn van drie jaar.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'