STILBAAI NUUSFLITS - Twee mans word gesoek in verband met ’n huisroof wat Donderdag 22 Maart vroegoggend in Thys Vissiestraat plaasgevind het.
Een van die mans is kort en skraal en het 'n kleinerige gesig. Hy was in ’n blou oorpakboek en -baadjie geklee. Hy is donker van gelaat en het ’n stoppelbaard. Hy loop ook mank (sleepvoet).
Die ander man is lank en groter van gestalte. Hy het ’n denimbroek aangehad, maar geen verdere besonderhede oor sy identiteit is bekend nie. Albei mans is blykbaar tussen die ouderdom van 35-45 jaar.
‘‘Die mans loop op die dorp rond en soek blykbaar werk. Enigiemand wat hulle opmerk, moet dadelik met my in verbinding tree,’’ vra sers. Ludwig Schnetler, ondersoekbeampte.
Skakel hom by 079 894 1593 of 028 754 6100. Alle inligting sal as vertroulik beskou word.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'