STILBAAI NUUS - Dis nie aldag dat iemand die ouderdom van 102 haal nie, maar op Vrydag 15 Maart sal Iris Hamel hierdie mylpaal bereik.
Sy is in 1917 in Kampsbaai gebore en het saam met haar man en drie dogters in Tzaneen geboer, voor hulle in 1984 na Stilbaai verhuis het.
Iris woon steeds in haar huis saam met haar middelste dogter. Sy het 12 kleinkinders, 18 agterkleinkinders en vyf agter-agterkleinkinders.
Die groot geleentheid sal saam met verskeie familielede gevier word wat reeds vanuit Secunda en Polokwane aangekom het.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'