HEIDELBERG NUUS - Heidelberg-skou se Vrydag-program is volgepak met verskeie items wat in enige skouganger se smaak sal val.
'n Skou sonder perde sal nooit dieselfde wees nie en as jy vroeg spring sal jy net ná 08:00 die pragdiere in die arena kan dophou.
Om 09:00 begin die Merino-veldstoet- en kuddekompetisie in die BKB-skaapring.
'n Massa-optrede deur Hoërskool Heidelberg om 13:00 sal heelwat skougangers lok en so ook die skaaphondvertoning deur Attie Gunter om 16:50. Die hondeskou volg om 17:40 waarna die slaglamveiling om 19:00 aan die beurt kom.
Nic Stevens is die gaskunstenaar en sy vertoning begin om 20:00.
Die steakhouse is oop tussen 18:00 en 24:00 vir diegene met erge hongerpyne.
Vandag en Saterdag 15 Februarie is daar 'n troeteltuin waar kinders die verskillende soorte diere kan kom voel en vryf en dalk sommer 'n paar te voer. Dis gratis vir die kinders.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’