Gallery Video
STILBAAI NUUS EN VIDEO - Stemdag op Stilbaai het stil begin, maar teen middeloggend het die toue van motors en mense by die stemlokale begin rek.
Die atmosfeer van afwagting was amper voelbaar, want almal besef die belangrikheid van 2019 se verkiesing.
Meeste kiesers het aan Suid-Kaap Forum gesê dat hulle positief oor die proses voel.
Anton en Elize Nieuwoudt voel optimisties oor die land se toekoms, terwyl Dawid en Maggie van Rensburg glo dat hulle stem ‘n verskil kan maak.
Vir Marcel en Lydia Heyns is dit ‘n saak van verantwoordelikheid om te stem.
Dr. John Stonier en sy vrou Janet het heelwat lof gehad vir die vlot verloop van die stemproses.
In teenstelling met die aanvanklike rustigheid van Stilbaai se stempunte, was daar op Melkhoutfontein van vroeg af groot joligheid.
Musiek het vrolik gespeel en mense het opgewonde in die straat gedans.
Kiesers het al voor 07:00 gestaan en wag dat die deure oopgesluit moet word.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'