STILBAAI NUUS - Die Stilbaai-polisie vra die gemeenskap se hulp om gesteelde eiendom op te spoor wat in drie onverwante kriminele sake gesteel is.
Lede van die publiek wat enige inligting het oor die besit of moontlike verkoop van die volgende items, word versoek om na vore te kom:
- Sunsync Omsetter (Inverter)
- Ecnovance batterye
- 'n Lenovo-skootrekenaar
- 'n Dell-skootrekenaar
- 'n iPhone 13
Enigiemand met inligting wat kan help met die ondersoeke kan sers. Erasmus van die Stilbaai-speurtak by 079 894 1593 kontak.
Die polisie beklemtoon dat alle inligting streng vertroulik hanteer sal word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’