Advertorial
HESSEQUA SAKENUUS - Vir die afgelope 10 jaar is Wispernet sinoniem met internetdiensverskaffing in die Hessequa-streek.
As getuigskrif vir Wispernet se uitstekende dienslewering, is dié maatskappy ook die afgelope dekade die Hessequa-munisipaliteit, wat strek van Gouritzmond tot Witsand, se datanetwerk- en internetdiensverskaffer van keuse.
Die koms van optiese vesel (fibre) vir internet na Riversdal in 2018, is ‘n onlangse hoogtepunt.
Fibre is nou boonop uitgebrei na Heidelberg, Stilbaai, asook Albertinia. Volgens Lohan Oosthuizen, besturende direkteur van Wispernet, het die koms van fibre vir internet, diensleweringsvlakke aansienlik verhoog. “Verbuikers kan met gemak die internet surf en flieks stream na hartelus.”
Wat kliënte sê:
- “Team Wispernet, julle is ‘n gedugte span met oplossings en hulp te alle tye. Ek kon nie vir ‘n beter internet diens gevra het nie.“
Jacques Theart - MHR Garage Doors - “Baie geluk, net ‘n plesier om julle as ons diensverskaffer te hê. Dankie vir julle vriendelikheid en die ekstra myl wat julle loop.” Johan van Nierop
- “Ek is reeds vanaf jul opening ‘n kliënt en sal vir die volgende 10jaar nog steeds by julle wees. Wispernet, julle is ysters, vriendelik en hulpvaardig” Hennie Geldenhuys - Koring Plaas Trust
- “Vivian, jy en jou kollegas is tops” Andre van Wyk - Riversdal SUPERSPAR, Stilbaai SPAR en Tops
- “Lohan, jy en jou Wispernet span is net ‘n aanwins vir die Hessequa-streek en sy mense. Julle diens is puik. Kaas dit en geniet die internet” Piet Willemse - Jireh dairies
- “Wispernet is net die beste, dankie vir julle goeie en professionele diens” Nico Steyn - eureka mills
- “Vivian, baie dankie vir jul puik diens. Ek het die regte pick gemaak” Leon Kotze - pick n pay riversdal
Nuwe toring word opgerig in die Hessequa-streek vir hoë spoed internet verbindings.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'