STILBAAI NUUS - Het jy besonder goeie diens van 'n besigheid in en om Stilbaai ontvang?
Nou is die tyd om daardie besigheid die nodige erkenning te gee.
Stilbaai-sakekamer gaan op 10 Junie die beste besighede, deur inwoners genomineer, vereer vir uitstekende diens en vra dus dat hulle deur die nominasies in die verskillende kategorieë gaan en stem vir hul gunstelinge.
Daar is sewe kategorieë met nie minder nie as 86 nominasies.
Kategorieë
- Liefdadigheid- en gemeenskapsorganisasies
- Voedsel en drank/reis en toerisme/verblyf en vermaaklikheid
- Gesondheid- en skoonheidsondernemings
- Vervaardiging, konstruksie en boudienste
- Eiendomsagentskappe
- Kleinhandelondernemings
- Dienste ondernemings
Jy kan jou stem uitbring tot 12:00 op 30 Mei en die top besighede sal by die gala-aand op 10 Junie bekendgemaak word.
Om te kan stem
Gaan op Facebook na Stilbaai-sakekamer, kliek op die skakel vir die toekennings en stem vir drie besighede per kategorie. Jy kan slegs een keer stem.
Inwoners word aangemoedig om te stem om sodoende ook die sakekamer te help om erkenning aan die top besighede in en om Stilbaai te gee.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'