Sponsored Content
RIVERSDAL SAKE NUUS - Dr. Karin du Plessis is so te sê al 'n oudinwoner van Riversdal. Sy, haar man en hulle vier dogtertjies woon al nege jaar in dié beeldskone dorpie.
Sy het haar tandheelkundige praktyk in 2013 geopen. Haar passie word in haar diens aan haar pasiënte uitgeleef.
Haar praktyk het in Junie vanjaar na 'n nuwe perseel verskuif. Gaan loer gerus in by Heidelbergweg 5, die wit gebou op die hoek.
'n Verskeidenheid dienste word deur die praktyk aangebied. Pasiënte wat herstellings, kroon- en brugwerk, kunsgebitte en draadjies benodig, is welkom om die praktyk by 028 713 3096 of 065 842 8898 te skakel.
Die praktyk se nuwe tuiste.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'