Sponsored Content
STILBAAI SAKE NUUS - Die alreeds bekende Putstop op die R305 onderweg na Stilbaai het die afgelope paar maande ‘n drastiese verandering ondergaan – alles om dit vir kliënte, die wye gemeenskap en toeriste uit ander provinsies en lande so aangenaam moontlik te maak... waarheen hul weer en weer sal wil terugkeer.
Die nuwe eienaars, Ben en Bibi Vorster kom oorspronklik van Northam, maar hulle hou reeds vir baie jare op Stilbaai vakansie en het hulle die moontlikhede wat Putstop bied, raakgesien. Verlede jaar Desember het hulle amptelik oorgeneem en begin om verbeterings aan te bring. Cherische Oosthuizen bestuur die winkel en diensstasie vir hulle en is opgewonde en passievol oor al die vooruitsigte.
Putstop is die eerste voorsmakie van Stilbaai wat mense kry en ons wil hul nuuskierig maak oor wat vir hulle wag; daardie egte Stilbaai-gevoel.
Die winkel (‘convenient store’) en diensstasie is beide 24/7 oop en by albei kan besoekers net die beste diens verwag. Brandstof word op ‘n daaglikse basis vir water of onsuiwerhede getoets. Plaaslike produkte soos ingelegte vrugte uit Stilbaai se tuine, olywe en olyfolie van Kleinbergskloof, chutney, balsamic, salsa, asook biltong en droëwors uit hul eie slaghuis is op die rakke. “Ons het al baie uitnodigings van produkte buite die distrik gekry, maar ons probeer nie verby die skippie gaan nie.” Oudhede wat tans gerestoureer word, sal binnekort besigtig kan word.
Ander produkte sluit unieke kussingslope, poppe en versierings vir partytjies in. Dit is nog in ‘n beginfase, maar bestellings kan by haar geplaas word vir versierings van kinder- en ander partytjies, asook funksies of gesellighede.
“Ons beplan om voor die Desembervakansie ook diere soos eende, bokkies en lammertjies aan te hou, asook ‘n speelparkie vir kinders en ligte etes, sodat motoriste ‘n blaaskans kan vat na ‘n lang rit. Ons maak goed voorsiening vir ys te alle tye en is ons koelkamers volgepak.” Braaihout is ook beskikbaar.
Vrydae is braaidag en kliënte kan lekker saamkuier en koop wat op die rooster is.
Kontak Cherische Oosthuizen vir vele meer 076 187 1534.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'