Sponsored Content
SAKENUUS - Stilbaai Slaghuis het weer rede om fees te vier nadat Suid-Kaap Forum-lesers dié geliefde plaaslike onderneming as Beste Slaghuis in die Best of Hessequa Readers' Choice Awards aangewys het. Dit is hul tweede Best of Hessequa-oorwinning en 'n besondere erkenning van hul jare lange verbintenis tot gehalte en uitstekende diens.
Sedert Arnold Joubert die slaghuis in 2001 gekoop het, het die onderneming 'n trotse reputasie opgebou. Reeds in 2004 het Stilbaai Slaghuis hul eerste Freddy Hirsch Quality Award vir netheid en higiëne ontvang.
Hul aflewerings strek vandag tot Mosselbaai en George, met maandelikse aflewerings elders in die Wes-Kaap en selfs die Oos-Kaap.
Vir Maretta Herselman is haar pa steeds haar grootste inspirasie. Sy het in 2005 by hom begin werk en skryf baie van haar kennis van die bedryf toe aan dit wat sy by hom geleer het.
Maretta beklemtoon egter dat Stilbaai Slaghuis se sukses ook aan 'n toegewyde span te danke is. "Sonder my goeie span mense kom ek nêrens nie. Ek waardeer elkeen en dit wat hulle daagliks doen opreg."
Sy spreek ook haar dank uit teenoor elke plaaslike en landwye kliënt vir hul lojale ondersteuning.
Bo alles gaan hul grootste dank aan die Here vir elke geleentheid, oop deur en die groei wat hulle deur die jare kon beleef.
Hierdie Best of Hessequa-toekenning is 'n trotse viering van goeie vleis, uitstekende diens, spanwerk en 'n gemeenskap wat Stilbaai Slaghuis steeds ondersteun.
Volgens Maretta Herselman is Stilbaai Slaghuis se sukses ook te danke aan hierdie toegewyde span waarvoor sy baie dankbaar is. Inlas: Maretta Herselman saam met haar ouers, Marieta en Arnold Joubert. "My ma is 'n ystervrou wat deel vorm van Stilbaai Slaghuis se sukses en my pa is die een wat my alles geleer het van die bedryf."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’