Advertorial
PROMOSIE-ARTIKEL - Stel jou voor: Rakke vol keurig uitgesoekte plaaslike en ingevoerde wyne, vonkelwyne teen uiters bekostigbare pryse, yskoue bier, boetiekbier en ander verversings in 'n netjiese en helder verligte instapyskas en 'n wye verskeidenheid whiskies, brandewyn, jenewer en al die ander gewilde verversings, alles onder een dak...
Dìt is wat Oppie Hoek Drankwinkel in Stilbaai klante bied! Boonop deel vriendelike en hulpvaardige personeel hul kennis en is daar volop veilige parkering reg voor die winkel.
Oppie Hoek, geleë op die hoek van Hoofweg-wes en Buitekantstraat, het amptelik op 20 Desember 2024 oopgemaak en klante kon uiteindelik dié splinternuwe winkel met sy stylvolle, vars voorkoms ervaar.
Die ervare eienaars, Adolf Botes en Johannie Vermeulen, is reeds vir 10 jaar vennote en hul kennis en goeie besigheidsverhoudings dra by tot die sukses van dié nuwe besigheid in Stilbaai.
En alhoewel die beplande glipbaan vanuit Buitekantstraat in die rigting van Hoofweg-wes, wat toegang tot Oppie Hoek asook die ander besighede in dié straat parallel tot Hoofweg-wes sal vergemaklik, nog nie gerealiseer het nie, keer klante tans met die huidige toegangspaaie terug om hul aankope hier te doen.
- Soos Stilbaai Kelders en Die Blou Seekat drankwinkels, vorm Oppie Hoek ook deel van die Mi Liquors-groep en baat dit by twee sarsies spesiale winskopies per maand waarby klante in die middel asook vir 10 dae aan die einde van elke maand kan baat vind.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’