Advertorial
STILBAAI SAKE NUUS - Stilbaai Home Improvements (SHI) is 'n residensiële en kommersiële konstruksie- en opknappingsmaatskappy wat 'n wye verskeidenheid dienste in die Tuinroete en omgewing bied.
Die SHI-span bestaan uit die nuwe eienaars, Fanie en Cherische Oosthuizen, tesame met Julius Erasmus (BA: Binnenshuise ontwerp en beeldende kunste) en professionele in hul gebied wat oor meer as agt jaar ondervinding beskik.
SHI is 'n eenstop-onderneming vir die ontwerp en vernuwing van huise en besighede en is gekwalifiseerd om allesomvattende herstelwerk en oplossings vir versekeringseise te hanteer.
SHI se dienste sluit die volgende in:
• Binnenshuise ontwerp, konstruksie en herstel van residensiële en kommersiële ruimtes;
• Opsporing, ontwerp, bou en herstel van meubels op aanvraag;
• Die herstel van bekleedsel en materiaal;
• Installering van 'n wye reeks blindings, veiligheidstelsels en hortjies;
• Verf- en loodgieterwerk;
• Opsporing van bou- of restourasiekontrakteurs;
• Verskaffing van verskeie boumateriale teen mededingende pryse;
• Teel- en gelamineerde vloere, matte en houtvloere;
• Versierende plafonne en herstelwerk.
SHI maak van topgehalte produkte van 'n wye verskeidenheid verskaffers gebruik.
Stilbaai Home Improvements is nou ook die tuiste van Haarhoff Ceilings & Partitioning wat hul eerste projek reeds in 2004 in Bloemfontein begin het. Vandag is dié besigheid trots op sy kwaliteit werk, uitstekende dienslewering, mededingende pryse en projekte wat teen sperdatums afgehandel word. Haarhoff Ceilings & Partitioning het hul tak in Maart 2018 in Stilbaai gevestig en spesialiseer in gepleisterde plafonne, asook 'suspended' plafonne, afskortings, kroonlyste en isolering. Hulle is ook spesialiste in die vervaardiging van duursame melamienkaste en lewer dit na gelang van die kliënt se unieke behoeftes.
Waldi Haarhoff beskik oor amper 15 jaar se ondervinding met sy seun, Dean, wat na kliënte se behoeftes in Stilbaai omsien.
Besoek SHI by Winkel 11 in die Fynbos-sentrum op Stilbaai. Vir meer inligting, gaan na www.stilbaaihi.co.za of Stilbaai Home Improvements op Facebook.
Kontak SHI by 028 754 1689 of stuur e-pos na info@stilbaaihi.co.za
Die nuwe eienaars van SHI, Fanie (heel regs) en Cherische Oosthuizen, saam met die stigter van SHI in Stilbaai, Julius Erasmus (links).
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'