Advertorial
BESIGHEIDS NUUS - André Naudé en sy span vier vyf suksesvolle jare in Stilbaai.
Die kantoor is in Oktober 2018 geopen met die doel om die welbekende PSG Wealth se finansiële dienste aan die plaaslike gemeenskap aan te bied.
Gedurende hierdie tyd het die kantoor tot ‘n volwaardige tak gegroei. Volgens André, ‘n senior adviseur met 35 jaar ondervinding wat strek van Bankorp en Absa tot nou waar hy 18 jaar as Gesertifiseerde Finansiële Beplanner (CFP®) in PSG Wealth werksaam is, het hul klientetal aansielik oor die tydperk toegeneem. “Ons is dankbaar vir die vertroue wat ons kliente in ons en die advies wat ons bied stel, dit is juis belangrik dat jy werklik kundige en objektiewe advies ontvang om ingeligte besluite te neem wat die volhoubaarheid van jou inkomste oor lewensverwagting bepaal.”
In 2017 is André genomineer as finalis vir die elite toekenning Welvaart Adviseur van die jaar. “Deur te luister en te verstaan wat jou kliënt se behoefte is, dit eerste te stel en uitvoering te gee is die basis van ‘n gesonde en suksesvolle verhouding” verduidelik hy.
PSG Wealth is ‘n welbekende, gevestigde finansiële dienste maatskappy met ‘n eenvoudige maar omvattende reeks dienste wat insluit:
Beleggingsbeplanning
Die ontleding van jou voorsiening teenoor jou finansiële behoeftes en die volhoubaarheid van jou inkomste met inflasie oor lewensverwagting.
Beleggingsbestuur
Die monitering en bestuur van jou finansiële behoeftes en doelwitte met betrekking tot die beleggingsrisiko en opbrengs.
Trustdienste
Testamentêre voorsiening testamente, die oudit vir die uitvoerbaarheid van inter vivos trusts, die opstel van trusts en die bereddering van boedels.
Boedelbeplanning
Praktiese ontleding van die finansi?le behoeftes van afhanklikes teenoor voorsiening in bates en versekering. Vir die optimale finansiële beskerming van u afhanklikes.
Gesondheidsorg
Advies met die keuse van die toepaslike opsies wat mediese fondse bied.
PSG Wealth Stilbaai het ’n oopdeurbeleid, kom ontmoet gerus vir André by 3 Fynbos Straat, (agter Spar) Stilbaai of skakel 028 754 6902/06 vir meer besonderhede.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’