Advertorial
STILBAAI SAKE NUUS - Stilbaai Auction House is Stilbaai se eerste permanente veilingshuis en vorm deel van Johan Cronje Prokureurs & Eiendomme se reeks uitgebreide dienste aan die gemeenskap wat nou alles "onder een dak" beskikbaar is.
Dié veilingsinstansie beskik oor die nodige veilingslisensie asook 'n lisensie om as handelaar in tweedehandse goedere te handel. Johan Cronje as gekwalifiseerde afslaer is verder die enigste individu binne die grense van Stilbaai polisiewyk welke oor 'n Sertifikaat van Registrasie vir doeleindes van die opveil van los goedere vir hierdie gebied beskik.
Cronje, mede-direkteur van Stilbaai Auction House bedryf ook reeds vir die afgelope 5 jaar sy eie prokureurspraktyk in Stilbaai en hanteer al vir sowat die afgelope 7 jaar veilings van los goedere en eiendomme op die Tuinroete. Cronje het al talle verskeidenheid welwillendheidsveilings hanteer asook veilings van klassieke motors en privaat motorhandelaars behartig, terwyl hy ook al deur verskeie welbekende konsessie – en lisensiehouers in die eiendomsbedryf gekontrakteer is om eiendomsveilings te hanteer, ook in opdrag van verskeie privaat eiendoms-eienaars.
Cronje self was vir ongeveer 13 jaar vanaf 1999 betrokke in die bemarking van eiendomme op die Tuinroete, en het gevolglik deeglik kennis opgedoen in hierdie steeds snelgroeiende bedryf.
Stilbaai Auction House het sy deure op Saterdag 15 September 2018 in die nuwe kompleks agter OK Foods geopen waar die publiek daagliks los goedere kan besigtig en aankoop terwyl daar maandeliks op die perseel 'n veiling aangebied sal word. Die daaglikse bestuur van Stilbaai Auction House sal hanteer word deur die hoof operasionele bestuurder, Karin Puren-Cronje. Laasgenoemde kan gekontak word by 082 297 9484 vir enige navrae.
Die eerste veiling van Stilbaai Auction House vind Saterdag 6 Oktober 2018 om 10:00 plaas en inskrywings vir meubels, voertuie en los goedere moet voor of op 1 Oktober 2018 gedoen word. Opvolgende veilings op die perseel word ook vir 3 November en 1 Desember 2018 beplan, terwyl die jaarlikse veiling in die Desember-skoolvakansie op Saterdag 22 Desember 2018 in die Stilbaai Gemeenskapsaal sal plaasvind.
Stilbaai Auction House kan ook gekontak word om los goedere aan te koop welke daagliks by die perseel te koop aangebied sal word, of by die maandelikse veilings opgeveil word. Stilbaai Auction House is ook by die "South African Institute of Auctioneers" of te wete SAIA geaffilieerd en geakkrediteer.
Johan Cronje Prokureurs & Eiendomme is 'n gevestigde praktyk in Stilbaai wat nou ook oor 'n satellietkantoor in Albertinia beskik waar Cronje en Wilma Swarts die gemeenskap van advies tot 'n breë spektrum van regsdienste bedien. Voormelde praktyk is ook geregistreerde belastingpraktisyns en bied 'n wye verskeidenheid algemene - en spesialiteitsdienste as prokureurs aan.
Stilbaai Auction House kan Maandae tot Vrydae vanaf 09:00 tot 17:00 en Saterdae en Openbare Vakansiedae vanaf 09:00 tot 13:00 agter OK Foods in Indrafstraat besoek word. Kontak gerus hul kantore by 028 754 1676 of direkteure Johan Cronje (083 309 3894) en Corlia Fryer (083 259 5589) ten einde op hierdie veilingshuis se databasis te registreer, of stuur 'n epos na stilbaaiauctionhouse@gmail.com
Besoek ook gerus die webtuiste van Stilbaai Auction House by www.stilbaaiauctionhouse.co.za vir opgedateerde nuus en volledige inligting aangaande die jongste blootstellings en opkomende veilings.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'