Advertorial
SAKENUUS - Langeberg Begrafnisdienste het Saterdag 1 April 'n nuwe blaadjie omgeslaan toe die nuwe eienaar, Faieq Valtyn die leisels oorgeneem het.
Faieq is nie 'n vreemdeling vir die Hessequa-streek nie, hy is gebore en getoë in Albertinia en in 2021 verhuis hy na Riversdal.
Almal in die Suid-Kaap ken hom as die bekende omroeper van EDENfm waar hy vir jare betrokke was.
Hy het 12 jaar gelede by MicFin begin, en beklee vanaf Junie 2018 die as rol HUB, alhoewel hy nou die eienaar van Langeberg Begrafnisdienste is, is hy steeds die HUB (CEO) van MicFin wat dit soveel makliker maak vir kliënte.
Vir hierdie begrafnisondernemers is dit belangrik om die laaste herinnering met waardigheid te hanteer, nie net vir die oorledene nie, maar ook vir die familie en vriende, sodat daar 'n spesiale herinnering agterbly.
Faieq het 'n liefde vir mense en het 'n passie om bystand te bied in alle omstandighede. Daarom is dit vir hom belangrik om te kyk na die omstandighede van sy kliënte en sodoende die beste pakkette te bied, volgens elkeen se unieke behoeftes.
Hulle het verseker die goedkoopste begrafnisdekking in die mark wat strek regoor die Suid-Kaap asook Riviersonderend tot en met Oudtshoorn. Hulp word stap vir stap aangebied tydens 'n persoonlike onderhoud om die perfekte pakket te identifiseer.
Langeberg Begrafnisdienste doen begrafnisse regoor die Hessequa-streek wat insluit Gouritsmond, Albertinia, Stilbaai, Melkhoutfontein, Riversdal, Heidelberg, Witsand en Slangrivier. MicFin het ook kantore in elke hoofdorp van die Hessequa streek.
"Ons wil graag ons bestaande kliënte verseker dat ons 'n hoë standaard stel. Alles gaan aan soos normaal en ons strewe daarna om uitstekende diens te lewer met die vooruitsigte van uitbreiding. Vir toekomstige kliënte sal daar altyd plek wees, niemand sal weggewys word nie," sê Faieq. 'n Staatmaker wat welbekend is in hierdie bedryf is Pauline Herling met 27 jaar ondervinding waarvan sy vyf jaar reeds by MicFin werksaam is.
Die begrafnisondernemer, Frank da Grass het al 35 jaar ondervinding en is al 'n ou hand in die bedryf.
MicFin nooi nuwe en bestaande lede om Langeberg Begrafnisdienste by 028 713 1120 (na-ure 24/7) 081 485 9845 te skakel vir enige nuwe polisse of begrafniskwotasies.
Van links: Die begrafnisondernemer, Frank da Grass het 35 jaar ondervinding en is al ‘n ou hand in die bedryf. Faieq Valtyn, die nuwe eienaar en Pauline Herling, ‘n staatmaker wat welbekend is in hierdie bedryf met 27 jaar ondervinding waarvan sy vyf jaar reeds by MicFin werksaam is.
Faieq Valtyn, nuwe eienaar van Langeberg Begrafnisdienste het 1 April by Gerhard Geldenhuys, vorige eienaar van dié begrafnisdiens oorgeneem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’