Advertorial
RIVERSDAL NUUS - Die tradisionele, jaarlikse Oakdale Akkerfees vind vanjaar gedurende die naweek van 29 en 30 Mei, op die terrein van Hoër Landbouskool Oakdale plaas.
Die propvol naweek beloof om aan aan menige besoeker ’n genotvolle ervaring te bied. Vanuit die OOV se verkope lokaal sal ’n verskeidenheid verversings te koop aangebied word.
Besoekers kan ook ’n heerlike ontbyt in die Fanie du Toit-sentrum kom geniet, terwyl die alombekende koffiewinkel iets vir die soet- en souttand beloof, met heerlike koffie.
Maak gerus ’n draai by die Plaasmark wat bydra tot die feestelike atmosfeer. Die tradisionele groente-, vrugte-, en vleisverkope asook ’n groot verskeidenheid tuisgemaakte produkte sal voor die skoolsaal geskied.
Vooraf vleisbestellings kan by die skool geplaas word by [email protected]
Tesame met die Akkerfees vind kwaliteit rugbywedstryde teen Paarl Gimnasium plaas. Die Akkerfees-dans en veiling wat Vrydagaand, 29 Mei, in die Riversdal-skousaal aangebied word, bly ’n groot treffer.
Danskaartjies is aanlyn via Sticitt beskikbaar.
Ouers, oudskoliere en vriende van Oakdale asook die besoekende gaste van Paarl Gimnasium kan met reg uitsien hierna.
Die 2026 Oakdale-Akkerfees beloof om ’n genotvolle sport- en kuierdag vir ieder en elk te wees. Skakel die skool by 028 713 2549 of e-pos [email protected] vir verdere navrae.
Interskole & Akkerfees 2025.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’