Advertorial Gallery Video
SAKENUUS EN VIDEO - Min mense sal nee dankie sê vir ‘n heerlike, sappige én sagte biefstuk wat behoorlik in jou mond wegsmelt. Maar nie almal weet van die werk wat ingesit moet word voor daardie lekker biefstuk eendag op die rak en op jou bord beland nie...
Soos wat met enigiets van gehalte die geval is, vat dit tyd, geld en natuurlik - die regte ras bees om die regte gehalte te kan verskaf.
En Gert van Rensburg, ‘n gesoute boer in murg in been van Riversdal-distrik het lankal daardie resep ontdek en bemeester.
“Van Rensburgs Vleis in George het gehoor dat ek met die Angus boer, ‘n uiters gesogte beesras.
"Louis Wessels, wie al jare vir Van Rensburgs Vleis in George vee aankoop, het hulle aan my voorgestel. Daar is ‘n belangstelling by hulle vir hierdie spesifieke tipe vleis” sê Oom Gert.
Maar wat maak die Angus se vleis so besonders?
Gert verduidelik: “Die vleis is baie goed gemarmeer. Dit beteken die vet is goed in die weefsels versprei, wat dit sag en sappig maak - mens kan dit sommer sien wanneer jy dit met ‘n biefstuk van ‘n ander beesras vergelyk. In Amerika en Europa het jy al reeds 10 jaar gelede ‘n premie betaal wanneer jy spesifiek vir Angus-vleis vra as jy 'n biefstuk in ‘n restaurant gaan eet.”
Fotogalery: Net die beste is goed genoeg vir die Van Rensburgs
Hy boer al vanaf 1977 en in 1984 het hy die plaas in Riversdal gekoop. Sedert 1998 boer hy met Angus-beeste en hy gebruik net stoetbulle op sy kudde, wat elke vierde jaar vervang word sodat daar nie inteling plaasvind nie. Dit beteken dat ‘n bul nie sy eie kalf dek nie, wat gehalte nadelig beïnvloed.
Volgens hom aard die Angus-ras baie goed in Riversdal en Stilbaai, maar ‘jy moet jou hand op hulle hou’, benadruk hy.
“Hulle is wel intensief om te versorg, maar die Angus benut die groen weidings baie goed en hulle vrugbaarheid is ook baie hoog. Ek het verlede jaar sewe tweelinge gehad, wat nogal baie uitsonderlik is.”
Kyk 'n video hieronder:
‘n Wenresep: Opreg geteelde, vrugbare Angus-bulle.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'