RIVERSDAL NUUS - MBL Riversdal se nuwe hoofkantoor is Donderdagmiddag, 25 Januarie, amptelik geopen.
Dié maatskappy, wat ook 'n tak in George bedryf, is die agent vir John Deer-implemente in die Hessequa-streek, maar hul bedien dorpe tot so ver as Plettenbergbaai.
Die maatskappy het 43 werknemers: 26 in Riversdal en 17 in George.
Afgesien van sy bemarking- en verkope-afdeling, spog MBL Riversdal met 'n omvattende onderdele-afdeling en 'n goed toegeruste werkwinkel waar dienste op sy John Deere-voertuie gehanteer word.
Plaaslike arbeid en kontrakteurs is vir die oprigting van die nuwe hoofkantoor gebruik.
Die ontwikkeling van etlike miljoene rande is 'n groot inspuiting vir die plaaslike ekonomie en skep weer vertroue in die sakegemeenskap, veral nadat die bekende Spur en Pick n Pay onlangs toegemaak het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’