Advertorial
HEIDELBERG SAKENUUS - Dit is reeds bykans ’n jaar gelede sedert Kempies Grassnyerdienste hul deure op Heidelberg dorp oopgemaak het - en goeie nuus is dat hulle voortaan alle toerusting van Stihl kan voorsien.
Die eienaars, Francois en Lorette het 42 jaar ondervinding in herstelwerk van grasmasjiene en ander tuintoerusting.
Moet dit dus nie weggooi nie, maar neem dit na hul volledig toegeruste werkswinkel in Van Riebeeckstraat 23.
Herstelwerk word gedoen aan onder meer grasmasjiene (ook dié waarop jy ry), kantsnyers, kragopwekkers, elektriese sae en selfs gholfkarretjies, nuwe onderdele is ook beskikbaar. Wat hulle nie kan regmaak nie, is waarskynlik nie herstelbaar nie.
Vir enige verdere navrae of inligting, besoek hulle by Van Riebeeckstraat 23, Heidelberg of skakel 082 442 3008 (Lorette) of 084 577 0329 (Francois).
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'