Advertorial Video
STILBAAI SAKENUUS EN VIDEO - Een van die grootste beleggings wat enigiemand kan maak is om 'n eiendom te koop. Indien die nuwe aanwins soos 'n vakansiehuis ver weg geleë is, kan die onderhoud en bestuur egter 'n kopseer eerder as bron van vreugde word.
Peace of Mind Management and Maintenance op Stilbaai kan jou dilemma handomkeer met hul eenstopdiens verander.
Hulle bied die hele spektrum eiendomsdienste, van inspeksies tot toesig en onderhoud van jou waardevolle eiendom. Dit sluit bemarking vir en bestuur van vakansieverhuring in.
Volgens eienaar Jason Barnes het hulle net soveel belang by jou eiendom as jyself: "Ons reputasie hang van kliënte se tevredenheid af. Uitstekende kliëntediens vorm die ruggraat van ons aanbieding en daarom is jou persoonlike eiendomsbestuurder 24/7 tot jou beskikking."
Hul nuwe kantoor in die Dorpsplein is op Maandag 20 Januarie amptelik geopen. In sy openingstoespraak het Barnes vertel dat die idee vir die besigheid uit sy eie frustrasies as huiseienaar wat tot drie jaar gelede elders gewoon het, gebore is. Dit het vir hom die belang van kwaliteitsbeheer laat kristalliseer en die saadjie vir Peace of Mind Management and Maintenance is geplant.
Kyk 'n video hieronder
Die kantoorspan wat uit Barnes, sy vrou Lisa en Philip Pansegrouw bestaan, het onlangs die besigheid herposisioneer en groot planne lê voor.
Hulle bied onder meer gereelde inspeksies by eiendomme onder hul sorg, volledige en deursigtige verslae aan eienaars, die reël van en toesig oor enige onderhoud wat nodig mag word, monitering van lopende uitgawes en reaksiebesoeke indien die alarm afgaan, die krag uitskop, vandalisme of waterskade voorkom of enige ander ramp jou belegging tref: "Ons is jou oë en ore wanneer jy dit nie self kan doen nie," aldus Barnes.
Verskillende pakkette met sakpaspryse vir individuele behoeftes is beskikbaar. Kontak hulle by 063 767 5384 of per e-pos op info@peaceofmindprop.co.za. Hul webtuiste is www.peaceofmindprop.co.za en hulle kan ook op Facebook gevolg word.
Van links: Rdl. Thinus van den Berg, uitvoerende burgemeester Grant Riddles, Jason Barnes, rdl. Andrew Stroebel en rdl. Ben Smith tydens die amptelike opening. Foto: Deona Aucamp
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'