Advertorial Sponsored Content
RIVERSDAL NUUS - In Augustus 1993 open Intellect Business System sy deure in Dicksontraat, om Riversdal en omgewing met professionele rekenaardienste en verkope te bedien.
Van die eerste rekenaars wat Intellect verkoop het, was die '286', daarna die '386' en regdeur die totale reeks van rekenaars soos ons dit vandag ken. Daar is gefokus op die herstel van besigheidsmasjiene, soos faks- en kopieermasjiene. Die behoefte is ook raakgesien vir klanktoerusting en die verkope en herstel van audio en multimedia, wat luidsprekers en projektors insluit.
Intellect was ook die eerste om selfone op Riversdal, wat na 1994 beskikbaar geword het, te verkoop.
Tans bedien Intellect die Hessequa-streek, asook landswyd kliënte met dienste wat steeds gefokus is op besighede, asook huisverbruikers.
Dienste sluit in die opgradering van rekenaars en skootrekenaars, diens van drukkers en verskaffing van ink, netwerkinstallasies, 'point of sale' sagteware en GKTV (CCTV) installasies. Intellect verskaf ook internetdienste, 'Cloud hosting' vir sentrale 'Virtual server' en VOIP telekommunikasie.
Intellect is tans in Kerkstraat 20, Riversdal. Na 25 jaar se ondervinding in die besigheidsbedryf en met bekwame en vriendelike personeel, is ons hier om u te bedien met ons beste diens. Dit is slegs deur die genade van die Here dat ons 25 jaar steeds hier kan wees en wil baie dankie sê vir die ondersteuning van al ons kliënte.
Ons nooi ons vriende en kliënte om Maandag 20 Augustus saam met ons 'n koffie te kom drink en in te loer vir ons spesiale aanbiedinge.
Kontak ons by 028 713 1051, Kerkstraat 20, Riversdal of e-pos reception@intellect.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'