Sponsored Content
BESIGHEIDS NUUS - Die afgelope kwartaal het die handelsoorlog tussen China en Amerika voortgeduur en geeneen van hulle wil iets opgee nie. Dit het die wêreldmarkte in onseker omstandighede gelos en daarom die huidige wisselvalligheid wêreldwyd.
Die Britte verhinder hulself om uit die Europese Unie te tree (BREXIT), al het hulle daarvoor gestem. Dit bring geweldige onsekerheid oor Europese handel en die vloei van geld wêreldwyd.
In Italië is populiste nou aan bewind van 'n land met 'n begroting, ekonomie en groeivooruitsigte wat onder baie druk verkeer. Nie 'n populistiese sisteem se
ideale omstandighede nie. Verwag interessante wetgewing om aan die lig daar te kom.
Plaaslik
Die Rand het (uiteindelik) onder druk gekom met die besef dat Suid-Afrika 'n LANG pad tot ekonomiese herstel het. Daar is egter steeds sprake van grondhervorming sonder vergoeding en 'n nasionale gesondheidsplan wat onsekerheid (en frustrasie) by beleggers skep. Onthou tog dat dit in 2019 'n verkiesingsjaar is...
Iets wat egter meer aandag benodig is Eskom, SAA en die talle ander staatsinstansies wat onder geweldige kontantvloei en skulddruk is. Dit kos die belastingbetaler daagliks miljoene rand en is dit tans ons realiteit. Die huidige president en sy span doen reeds goeie werk om die instellings te stabiliseer, maar die probleem kan nie oornag opgelos word nie en gaan dit ons ekonomie nog kniehalter vir 'n tydperk.
Markte
Die JSE het 4,54% gestyg die kwartaal, maar is steeds negatief met 1,7% vir die kalenderjaar. Eiendom vir die kalenderjaar is negatief met 21,37%. Resilient, Fortress en Nepi Rockcastle is die rede vir die groot daling in die sektor. Steeds is dit ons mening dat 'n belegger nie van 'n sektor ontslae moet raak as gevolg van een of twee "vrot appels" nie. Sinvolle beleggers het tog nie al hulle aandele verkoop na die Steinhoff debakel nie...
Met stygende rentekoerse in Amerika en die verswakking van die Rand (en natuurlik ons ekonomiese stand van sake) het plaaslike effekte se pryse gedaal. Eiendom aandele se pryse en dividend opbrengste word in Suid-Afrika gemeet teen die van effekte. Hoewel ons nie ten volle daarmee saamstem nie, gebeur dit, maar skep dit geleenthede.
"Growthpoint kan nou teen 'n historiese inkomste opbrengs van 7,7% gekoop word, Redefine Properties teen 8,96% en SA Corporate Real Estate 10,23%.
Q3 Y18 Wat lê voor
Die handelsoorlog gaan voortduur en gevolglik sal wisselvalligheid wêreldwyd bly seëvier. Hopelik kom Amerika en China tot 'n vergelyk. Dit lyk nie altyd so nie, maar Donald Trump en sy span het die oorlog mooi deurdink voor hulle dit begin het. Verwag dus dat dit voortduur...
Wêreldwyd verloor die ekonomiese opswaai spoed en sal dit toekomstige groei onder druk plaas. Die beste beleggings word egter in moeilike tye gemaak omdat die prys wat betaal word vir die belegging gunstig is. Moet dus nie uit vrees optree met jou beleggings nie.
Kry kundige adviseurs om jou by te staan in moeilike tye, hou jou oog op die langtermyn en fokus jou belegging op bates wat 'n goeie inkomste (dividende en huurinkomste) lewer.
Artikel: Guillaume Oberholzer
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'