Advertorial
RIVERSDAL NUUS - Die Hoër Landbouskool Oakdale op Riversdal is bekend vir die waardevolle insette wat hierdie tradisieryke hoërskool oor die periode van vyf jaar in die lewens van leerders belê.
Afgesien van ‘n uiters hoë akademiese standaard waarop leerders kan staatmaak, is die skool gerig op die vorming van die leerders oor ‘n breë spektrum van lewensvaardighede en lewenskwaliteite. Hier word van seuns verantwoordelike jong mans gemaak.
Die breë vakkeuse bied studiegeleenthede in enige beroepsrigting. Die 2022 graad 12 klas behaal ‘n 100% slaagsyfer en 80 van die 83 matrieks behaal matrikulasievrystelling. Sewe leerders behaal gemiddelde A-simbole met Eben von Bellow wat 86,4% gemiddelde behaal en 7 onderskeidings verwerf.
‘n Totaal van 114 vak A-simbole word ook behaal.
Oakdale is ‘n uiters gewilde hoërskoolkeuse vir seuns, vanweë die sterk waardegedrewe karakter van die skool. Die Oakdalers geniet elke oomblik van die lewe op Oakdale binne die raamwerk van sterk dissipline.
Die Oakdalers is bekend vir die unieke samehorigheid, respek, hoflikheid en toewyding wat in alle fasette van menswees toegepas moet word.
Die Landbou-aard van die skool maak dit uniek en bring ‘n nuwe ervaringswêreld binne bereik van elke seun. Landbou-opleiding is uniek en hou tred met die nuutste tendense van landbou- en tegnologie-ontwikkeling.
Oakdale word bestuur soos ‘n onderneming waar besigheidsbeginsels bydrae tot die betrokkenheid van verskillende landbou-instansies as vennote in landbou-onderrig.
Die waarde van sport in die vorming van die Oakdale leerders word hoog geag. Toewyding, dissipline en sterk sportmanskap word hoog geag in die vorming van ons leerders se mondering.
Onderrig, sport en landbou-fasiliteite is van uiters hoë gehalte bydraend tot die sukses wat Oakdale leerders op alle terreine behaal.
Hier op Oakdale is die koshuis hul “huis” en die mede-leerders hul broers. Die uiters bekwame en toegewyde personeel se entoesiastiese insette in die lewens van hierdie jongmanne word absoluut beskou as ‘n belegging in die jeug en die toekoms van ons land.
Oakdale is meer as ‘n skool, dit is ‘n leefwyse!.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'