Advertorial
BESIGHEIDSNUUS - Sedert die opening van hul eerste tak in 2011, het Gold Trader ontwikkel tot die grootste geakkrediteerde handelaar in herwinbare edelmetale en gesertifiseerde diamante in die Suid-Kaap.
Die maatskappy spesialiseer in die koop en verkoop van Krugerrande, bullion munte, ou Suid-Afrikaanse munte, goue en silwerjuweliersware in enige toestand, en gesertifiseerde diamante.
Gold Trader is ook 'n trotse lid van die Juweliers Assosiasie van Suid-Afrika (JASA) en die Suid-Afrikaanse Numismatiese Assosiasie (SAAND), sowel as geregistreerde lede by die diamant-sertifiserings-laboratoriums GIA en EGL, wat verseker dat elke transaksie voldoen aan die hoogste bedryfstandaarde.
As die vinnigste groeiende, onafhanklike en geakkrediteerde edelmetaal- en diamantmakelaar in die Tuinroete, het Gold Trader hierdie week hul nuutste tak in die Duine Mall in Stilbaai geopen. Hierdie uitbreiding is deel van hul groeiende portefeulje, wat reeds takke in George, Mosselbaai, Oudtshoorn en Worcester insluit.
Konsultasies is gratis, en op versoek bied Gold Trader graag die opsie vir tuisbesoeke.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’